Villa10 on Hugo Villa10 on Hugo

Villa 10

BnB AKKOMMODASIE

DURBANVILLE

Villa10 on Hugo | Bed en Ontbyt akkommodasie in Durbanville

Hier by Villa10 on Hugo bied ons gerieflike, bekostigbare akkommodasie in die luukse Durbanville omgewing.

Villa10 is die ideale bestemming vir besoekers aan die Kaap en is gerieflik geleë halfpad tussen die Waterfront en die Wynland, met die res van wat die Kaap aanbied reg op ons voorstoep.

Villa10 is 'n klein, intieme gastehuis waar persoonlike aandag voorop gestel word. Ons is met reg trots op die gasvryheid en diens wat ons bied terwyl ons gaste se privaatheid en sekuriteit vir ons van uiterste belang is.

Villa10 is sentraal geleë slegs 10 minute vanaf meeste winkelsentrums en sakepersele in die noordelike voorstede van Kaapstad, asook golfbane, gyms, die Durbanville Medi-Clinic hospitaal, Durbanville Wynroete, plaaslike sport fasiliteite en verskeie restaurante. Villa10 is ook binne 30 minute vanaf die lughawe, Kaapstad se sakekern, Tafelberg, die V & A Waterfront, strande, verskeie ander wynroetes asook dorpe soos Stellenbosch en Paarl.

Kontak Villa10

Adres:

Hugostraat 10,
Durbanville

Telefoon:

074 555 7116

Vind Villa10
Villa10 on Hugo